Seunshokkie wen hul afdeling in NuPower/Tuks 2012
Wat 'n ongelooflike prestasie was dit nie toe ons seunshokkie as algehele wenners uit 15 skole van die NuPower/Tuks-reeks aangewys is. Die beste van alles is dat hulle stof geskop het in die oë van skole soos Waterkloof, Monnas, Florida, Nelspruit en Middelburg Tech.
Baie geluk aan al die seun en hul afrigters!
Ons kan nie wag om te sien wat in die Limpopo-liga en Noordvaal-kompetisies gaan gebeur nie!
Ons gholfspanne oorheers by NuPower/Tuks-reeks
Beide ons 1A- en 1B-gholfspanne is pas as die onderskeie kampioene van die A- en B-afdelings van die NuPower/Tuks-reeks aangewys. In dié proses het hulle afgereken met die spanne van Monnas, Waterkloof, HTS Middelburg en Nelspruit.
Baie geluk aan mnr Jimmy Steele en sy spelers:
1A-span: Hennie du Plessis, Corné Olivier, Luan Steenkamp en Jaco Linde
1B-span: Jason Odendaal, Dewald Oosthuizen, WH Pretorius en AJ Smit
'n Foto verskyn elders op die webtuiste by Sport: Gholf
Pietie by PHS verwelkom
PHS is een van min skole in Suid-Afrika wat nou met sy eie "mascot" spog. Dié besonderse gelukbringer, bekend as Pietie, is verlede Vrydag in styl by die skool verwelkom nadat hy, ten aanskoue van die hele skool, met 'n helikopter op die A-rugbyveld afgelaai is.
Wat dink Pieties van hulle nuwe speelding? "Hy's baie 'cool'!
Nuwe Beheerliggaam het groot visie vir PHS
Baie geluk aan die volgende persone wat vir die volgende drie jaar op PHS se Beheerliggaam gaan dien:
Voorsitter: Dr Mannie Krüger
Ondervoorsitter en Dissipline: mnr Thomas Grobler
Voorsitter - Finansies: Mnr George Malan
Sport: Dr Annemarie Vermeulen
Strategiese beplanning en Handelsaktiwiteite: Mnr Eli Ströh
Pietiebond en Personeel: Mnr Johan van den Heever
Koshuis: Mnr Human du Preez
Sport en Kultuur: Dr Hugo van Rensburg
Geboue en Terrein: Mnr Schalk van der Merwe
Akademie: Mnr Louis Geyer (Gekoöpteer)
Personeel:
Hoof: Mnr Willie Schoeman
Koshuis/Geboue en Terrein: Mnr Louis Scott
Personeel: Mnr Freek Schutte
Leerlingbegeleiding: Mr Mariana Badenhorst
Sekretaresse en Religie: Me Zandria Howard
Leerders: Hoofleiers Frannes Joubert en Nelmarie le Roux
Verteenwoordiger van leerders: Inge Cilliers
* Lees alles omtrent PHS se nuwe verkeersreëlings onder fasiliteite!
Skoolgeld vir 2012
Na afloop van PHS se begrotingsvergadering is die skoolgeld vir 2012 op R11 335 per jaar vasgestel.
Die bedrag is oor 10 maande betaalbaar, dus R1 133,50 per maand, wat voor die 7de van elke maand betaalbaar is. Sou u die volle bedrag voor die einde van Februarie vereffen, kwalifiseer u vir ‘n korting van 2,5%, terugbetaalbaar aan u of u kan dit aan PHS se behoeftige fonds skenk.
U kan die skoolgeld ook kwartaalliks betaal teen R3400,50 vir die eerste drie kwartale en R1133,50 vir die vierde kwartaal.
Ouers wat vir skoolgeldverligting aansoek wil doen moet die oorspronklike vorms in persoon by mev Rika van der Merwe afhaal. Volgens onderwyswetgewing moet die oorspronklike vorms voltooi en saam met ondersteunende dokumentasie, voor die einde van Februarie 2012, ingehandig word.
Nuwe skoolure vanaf 18 Januarie 2012
Weens die feit dat ons reeds te min akademiese tyd beskikbaar het, ondersoek ons al vir ‘n geruime tyd verkillende opsies om die skoolure te verleng. Na deeglike beraadslaging het ons besluit om die skoolure soos volg vas te stel:
Vanaf 18 Januarie 2012 begin die skool om 07:00 en verdaag om 13:40.
U is reeds daarvan bewus dat ‘n baie hoë premie op stiptelikheid geplaas word. Ons versoek ouers en leerders om dit asseblief te eerbiedig.
Namens myself en PHS se personeel, wens ons u ‘n geseënde Kersgety en baie voorspoed vir 2012 toe. Rus lekker en as u weggaan, kom veilig tuis.
SKOOLGELD BEGROTING 2012
U het reeds ‘n kennisgewing ontvang dat die begrotingsvergadering om die skoolgeld vir 2012 vas te stel om 18:00 op 14 November 2011 plaasvind. Hierdie kennisgewing het ook aangedui dat die begroting ter insae by die skool lê vanaf 1 November 2011.
Die Beheerliggaam (BL) is van mening dat ons ook ‘n inligtingstuk aan alle ouers moet uitstuur sodat ouers ingelig is wanneer hulle die begrotingsvergadering bywoon.
1. Die 2011 jaar onder oorsig
Skoolgeld vir 2010 het R10 120 (2009: R9 200) beloop. Deur goeie bemarking en benutting van ons terrein is R186 740 in die vorm van huurgeld geïn.
Ons gee graag hiermee ‘n opsomming van sommige van die uitgawes waarop skoolgeld hierdie jaar bestee is:
| Uitgawe
|
Bedrag
R
| Opmerking
|
| Salarisse van onderwysers
|
4 494 656
| 45% van ons begroting word op salarisse spandeer. 28 poste is deur die BL befonds
|
| Administratiewe personeel salarisse
|
1 931 937
|
|
| Onderhoud en verbetering op terrein
|
1 663 428
|
|
| Opvoedkundige hulpmiddels
|
880 277
| Handboeke, leessentrum en verbruikbare items
|
| Skoolgeld verligting vir ouers wat nie skoolgeld kan bekostig nie
|
2 823 147
| 278 leerders het beurse ontvang
|
Ons kan u verseker dat ons as BL uiters verantwoordelik met die skoolgeld se hantering is en reeds hierdie jaar sekere uitgawes en/of projekte afgekeur het weens fondse.
2. 2012 begroting
Die doelwitte van die BL met die 2012 begroting was om te verseker dat die gehalte van die onderrig wat u kind ontvang nie verlaag word nie. Dit behels dat ons baie aandag aan die onderwysposte en die spandering aan die opvoedkundige hulpmiddels moes gee.
Hierdie is ongelukkig die groot uitgawes op die begroting en terselfdertyd die belangrike uitgawes waarop ons nie kan bespaar nie.
Opsommend lyk die uitgawe begroting vir 2012 as volg:
| Uitgawe tipe
|
Bedrag
R
|
| Skoolgeld verligting
|
2 963 000
|
| Administratiewe uitgawes
|
672 000
|
| Geboue en terrein
|
1 771 200
|
| Personeelkostes
|
317 650
|
| Leerlingaktiwiteite
|
336 370
|
| Opvoedkundige hulpmiddels
|
1 187 910
|
| Sport
|
839 870
|
| Kultuur
|
57 500
|
| Salarisse administratief
|
2 537 146
|
| Salarisse onderwysers
|
4 753 926
|
| Spesiale projekte tov die terrein en hulpmiddels (netto na huurinkomste verreken is)
|
204 500
|
| Totaal
|
15 641 072
|
Met die begrote skoolgeld verligting staan die skool 261 beurse toe aan leerders wie se ouers nie die skoolgeld kan bekostig nie. Hierdie is in terme van die SA Skolewet wat bepaal dat beurse aan ouers wat nie die skoolgeld kan bekostig nie toegestaan moet word.
Ons glo in die heelkind ontwikkeling en het daarom ook voorsiening vir uitgawes ten opsigte van leerders se deelname aan kultuur en sport.
Elke uitgawe lynitem is deeglike deur die hoof en die finansiële komitee ondersoek en ons is seker dat daar nie onnodige uitgawes voor begroot is nie.
Die onderstaande tabel dui aan in watter verhouding die skool se uitgawes spandeer word uitgedruk as ‘n persentasie van die totale uitgawe begroting:

3. Skoolgeld 2012
Skoolgeld die afgelope 3 jaar kan as volg opgesom word:
| Jaar
|
Skoolgeld
R
|
| 2009
|
8 324
|
| 2010
|
9 200
|
| 2011
|
10 120
|
| 2012
|
11 335
(begroot)
|
Die verhoging beloop R121.50 per maand oor tien maande.
Die begrote skoolgeld vir 2012 van R11 335 sal verseker dat die skool kan voortgaan om gehalte onderrig en opvoeding aan u kind te bied in ‘n veilige omgewing met ‘n goed versorgde terrein en fasiliteite.
Vir hierdie bedrag ontvang u kind:
Puik onderrig by goeie opvoeders;
Die beste hulpmiddels;
Nuutste tegnologiese ontwikkeling soos dataprojektors;
Toegang tot sport en kultuuraktiwiteite;
Heelkind ontwikkeling met inagneming van leierontwikkeling;
Goeie fasiliteite; en
‘n Veilige omgewing.
Terselfdertyd wou ons ook die skoolgeld bekostigbaar hou. Ander vergelykbare skole in die provinsie se skoolgeld beloop R11 550 en R11 000 vir volgende jaar.
Alhoewel die Skolewet bepaal dat skoolgeld vooruitbetaalbaar is het die BL steeds die volgende maniere van betaling goedgekeur:
Eenmalig voor einde Februarie met ‘n 2.5% korting;
Kwartaalliks voor die einde van elke kwartaal; en
Maandeliks oor 10 maande.
Ons besef ons verantwoordelikheid is om te verseker dat ouers en leerders waarde vir hulle geld ontvang en is gedurig besig met beplanning en strategie saam met alle rolspelers om hierdie doelwitte te bereik.
Ons wens is dat ouers hulle verantwoordelikheid rondom die betaling van skoolgeld nougeset sal nakom om te verseker dat PHS kan voortgaan om gehalte onderrig en opvoeding aan u kinders te kan bied.
U is welkom om die hoof of die tesourier van die BL (gsmalan@mweb.co.za) aangaande die 2012 begroting te kontak.
Oud-Pietie en Springbok-atleet, Janus Robberts, tydens die 2012-interhoëratletiekbyeenkoms.
PHS strewe daarna om as toonaangewende opvoedkundige instansie
Skoolfonds vir 2011
Neem asseblief kennis van dié belangrike inligting oor die komende beheerliggaamverkiesing
Lees alles oor ons spog-matriekuitslae onder Akademie.